Alwyn Visser

Beste Tannie Henda,

Ek wil net weereens baie dankie sê vir die wyse waarop tannie ons ontvang het asook die wonderlike eenheid waarin ons Saterdag oornag het.

Ons was vir die dag by die Namaqua fees en wou net ‘n plek hê om te oornag en aangesien Vredendal al heeltemal vol was (en omdat ons nie baie lus was om so tussen mense wie te veel gekuier het te bly nie), het ons op tannie se oulike plek besluit.

Ons het egter in die kar oppad huistoe almal saamgestem dat ons volgende jaar definitief weer van tannie se plek gebruik sal maak en dat ons dan vir die hele naweek sal kom, want dit is so oulike plek.

Ek hoop egter die geleentheid doen hom voor dat ons sommer nog voor die volgende Namaqua fees weer daar ‘n draai sal kom maak.

Nogmaals baie dankie – ek beveel VEA aan vir almal wie ek teëkom.